Page 8 - SA Fruit Journal VOLUME 14
P. 8

In 'n ander klas Dis ‘n moëe man wat die dag by my afgeleëkamp in Mosambiek aankom. Kort, netjies aangetrek, met ‘n ronde gesig wat drup van die sweet. Calista, stel hy homself voor. Professore Calista - onderwyser by die skool op Makandazul. Hy het agt kilometer deur die warm wildernis gestap om te kom hulp vra. Gasolina, asseblief tog. Hy sal betaal.In sulke eensame wêreld is mense van me- kaar afhanklik, so ek tap vir hom ‘n kannetjie petrol uit my drom en neem hom terug na waar hy gestrand staan. Terwyl ons aankruie op die slingerende bospaadjie vertel hy.Hy’s eintlik van ‘n dorp naby Maputo, maar die owerheid het hom uitgeplaas na Makandazul. Hy’s nou al ‘n paar maande daar en dis nou die eerste keer dat hy bietjie wegkom. Hy moes ‘n dag verlof neem om die naweek ‘n slag te gaan kyk hoe dit met sy mense gaan by die huis. Daar’s geen publieke vervoer hier in die bos nie en weinig voer- tuie, maar hy kon darem iemand met ‘n bak- kie in die hande kry om hom weg te neem na Mapai, so drie ure ver, van waar hy hoop om ‘n taxi of iets te haal. Hy moes die man ‘n aansienlike bedrag betaal, maar toe is die pad onbegaanbaar na die reën en toe moes hulle ‘n ompad vat en nou is die petrol op.Makandazul? Ek ken die plek. Dis nie ‘n dorp nie, eerder ‘n verspreide gemeenskap- pie van modderhutte tussen bos en lapland- jies waar die inwoners nog met osse ploeg en hul karige oeste met houtsleë aanry. Daar’s geen winkel nie, geen werk nie, geen straat nie, geen water nie, geen elektrisiteit nie, niks. As jy op Makandazul bly moet jy self kweek wat jy wil eet, self plan maak, self dok- ter en self begrawe. Die mense voer ‘n tradi- sionele oorlewingsbestaan in die bos en stryook nog teen olifante wat hul lande plunder en leeus wat hul diere vang.Hoe gaan dit met jou daar, vra ek vir Cal- ista. Kom jy reg?Dis moeilik, sê hy. Daar’s niks te koop nie en die water is ver - hy moet aandra van ‘n modderige gat af, amper ‘n kilometer. Maar hy het darem ‘n huis om in te bly en daar’s die skool wat hom besig hou. Hy hoop sy werk daar kan ‘n verskil maak, dat dit dinge makliker sal maak vir ‘n volgende geslag. Ek moet bietjie kom kyk, nooi hy.Ek laai hom af waar sy reisgenote by ‘n gehawende bakkie tussen die mopanies wag, help hulle om die skedonk weer aan die gang te kry, en ry weer terug na my kamp.Twee weke later loop ek hom weer raak toe ek deur Makandazul ry. Calista staan langs die pad by ‘n bondel vuurmaakhout, sy wit hemp en glimlag helder teen die vaal van die bos.Hoe was jou vakansie by jou mense, vra ek hom, al weet ek dit was eintlik net ‘n naweek.Hy skud sy kop. Problema, sê hy. Nooit daar uitgekom nie. Die bakkie het gebreek. Hulle het die nag daar in die bos geslaap en die volgende dag het hy maar weer terug- gestap Makandazul toe, meer as vier ure lank. Hy was baie bang, sê hy. Ngala. Leeu.En die geld wat jy betaal het, vra ek.Hy trek sy skouers op, gelate. Kom ek gaan wys jou die skool, sê hy.Ons ry deur ‘n driffie, hou in ‘n sandpa- adjie langs en kom uiteindelik by ‘n stuk oop veld. Escola, sê Calista en beduie na ‘n struk- tuur wat in die middel van die oopte staan.Ek kyk, wil eers nie glo nie, en stap dan nader.HERMAN JONKERDaar’s geen deur nie, net ‘n opening. Ek gaan in. Vyf meter by drie meter, skat ek die leë vertrek. Die mure is van ruwe pale wat in die grond geplant is, die dak van kaal sink. Geen vensters nie - lig skyn sommer deur die skrewe tussen die pale. Op die vloer lê ‘n paar groterige klippe in die stofgetrapte grond. Sitplekke? Nee, sê Calista, dis tafeltjies vir die kinders om op te skryf. En die rooi bot- teldoppies wat daar lê is waarmee hulle leer tel. Die groen bord daar teen die pale en die bordkryt en die dakplate is deur die regering verskaf, die res het hulle maar so self gebou. As dit te vol raak hou hy daar anderkant onder die bome skool.Hoeveel kinders, vra ek.Dis maar moeilik vir ‘n onderwyser, sê hy. Daar’s omtrent 200 kinders in die ge- meenskap maar net so 50 kom skool toe, baie van hulle net twee of drie keer per week. Die ouers, byna almal ongeletterd, sê hulle het die kinders nodig om beeste op te pas en te help op die lande.Daardie aand, terug by my kamp, kry ek my kragopwekker aan die gang en skakel my satellietskottel en internet aan sodat ek kan bybly met sake in die RSA. Ek laai eers my e- pos af, antwoord ‘n paar boodskappe, en toe kyk ek wat die koerante sê.Een van die eerste nuusbrokkies wat ek kry gaan oor onrus by ‘n skool in die Kaap. Onderwysers wat staak oor hulle ontevrede is met die geriewe en kinders wat toe die plek aan die brand gesteek het.Seker maar toeval dat ek juis dit moes raaksien. Maar skielik het dit vir my gevoel of Suid-Afrika nie net anderkant die grens lê nie, maar in ‘n heel ander sonnestelsel.SA FRSUPIOTEJGOU'NRNPIATL 5 FEB | MARCH 2015spoeg ,n pitRUBRIEK


































































































   6   7   8   9   10