Page 18 - SA Fruit Journal VOLUME 14
P. 18
SA Rosynebedryf hoog geagDie 54ste Internasionale Rosyne Kon- ferensie is in November in San Juan, Argentinië, aangebied waar globale produk-sie- en bemarkingsinligting uitgeruil is. Afvaardigings van Argentinië, Australië, Chili, Suid-Afrika, Turkye en die VSA het die Konferensie bygewoon. Verslae vanaf China, Griekeland, Indië en Iran is ook voorgelê.Die Konferensie is amptelik geopen deur mnre. Jos Luis Gioja, goewerneur van San Juan en Marcelo Alos, minister van produk- sie van die provinsie.Dappie Smit is herverkies as voorsitter van die Konferensie met Osman Oz van Turkye as die ondervoorsitter, terwyl die voorsitter van die Reëlingskomitee, Carlos Javier Huertas Garcia, as sekretaris verkies is.Die Konferensie het hoofsaaklik gefokus op produksie- en bemarkingstatistieke en Wêreldvoorrade. Dr. Tony Halstead, Land- bou-ekonoom van die Verenigde State se Dept. van Landbou, het breedvoerig ver-Die Internasionale Rosyne Konferensie. Francisco Vizcaino en Carlos Huertas, beide Argentinië; Dappie Smit, voorsitter; Johannes Fourie en Kobus Hanekom, die Suid-Afrikaanse afvaardiging.Dappie Smit, voorsitter van die konferensie onthul 'n gedenkplaat vir die konferensie by die huis (tans 'n museum) van Domingo Fausto Sarmiento, sewende president van Argentinië.Johannes Fourie plant 'n Sultana wingerdstok ter ere van die groeiende rosynebedryf in San Juan, Argentinië.duidelik hoe hul buitelandse landboudiens inligting verwerk word en voorbeelde ge- toon wat hul beskikbaar het. Verteenwoor- digers van alle produserende lande het ook statistieke betreffende hul produkte, uitvoere en invoere voorgelê.Dr. David Hughes, emiritus-professor in Voedselbemarking aan die Imperial Kollege in Londen, het ‘n referaat gelewer oor globale voedselbemarking tendense en die implika- sie daarvan vir rosyne produserende lande.Dr. Arianna Carughi, Gesondheid- en Voeding Navorsingskoördineerder vir Sun- Maid produsente van Kalifornië, het konfer- ensiegangers insig gegee in die gesondheids- en voedingswaarde van rosyne en navorsing wat gedoen is in die VSA om dit te bewys.Hierdie 54ste Konferensie van rosyne produserende lande het ook besoek afgelê bypitlose druif wingerde asook rosyne pakhu- ise. Afgevaardigdes het die vordering waar- geneem wat gemaak is betreffende mega- niese oes en droog aan die wingerdstok om die oes teen ongunstige weerstoestande te beskerm.Afgevaardigdes het ook die huis besoek waar Domingo Faustino Sarmiento, ‘n ak- tivitis, intellektueel, skrywer, staatsman en 7de president van Argentinië grootgeword het. Die huis is in ‘n museum omskep en hier het die voorsitter en ondervoorsitter ‘n gedenkplaat onthul ter ere van die 54ste Konferensie van rosyne produserende lande. Tydens die besoek het afgevaar- digdes ‘n Sultana wingerdstok geplant ter ere van die 54ste Internasionale Konferen- sie wat die eerste keer in Argentinië aange- bied is.INDUSTRY NEWS15 FEB | MARCH 2015

