Page 33 - SA Fruit Journal VOLUME 14
P. 33

Anton hanteer die sitrusboerdery van die Muller Familie Boerdery Trust in Let- sitele. Sy neef, Michael Muller, van Doorn- fontein Boerdery, boer in Politzi met avoka- do’s. Beide Anton en Michael het agt maande gelede Time Management Solutions (TMS) begin gebruik.Die Mullers boer op sewe plase waarvan vyf avokado’s en twee sitrus en groente pro- duseer. Aan die sitruskant van die boerdery het hulle 29 permanente werkers en tussen 60 en 70 seisoenswerkers. Daar is ook tus- sen 12 en 20 werkers wat met groente werk. By die avokadoboerdery is daar 70 perma- nente werkers en 120 tydens seisoenstyd betrokke. Hierdie groot arbeidsmag het dit dus genoodsaak dat arbeidsverwante koste en produktiwiteit meer noukeurig gemoni- tor word. Tydens ’n gesprek met Anton en Michael het hulle die volgende voordele wat FCS vir hul boerdery gebring het, uitgelig.Die effektiewe moniteringvan werkersVolgens Anton was die kaartjieknipstelsel wat hulle voorheen gebruik het baie moeilik om te kontroleer en is die TMS-stelsel meer akkuraat.TMS word by boere se individuele be- hoeftes aangepas. In Anton se geval kan die sagteware stukwerk reguleer om werkers nie meer as een keer binne 35 sekondes te laat klok nie. Sakke wat tydens middagetes en na- ure geklok word kan maklik vir korrektheid kontroleer word. Op hierdie wyse word die geleenthede vir bedrog uitgeskakel.Dit is op grond van hierdie ooglopende besparings waar hulle voorheen vir werkers betaal het vir werk wat nie gedoen is nie, dat Anton meen dat die stelsel hom reeds binne vyf maande afbetaal het. Deurdat oneerlikheid uitgeskakel word, het verhoudinge tussen die bestuur en werkers ook baie verbeter.Verhoogde vertroue tussenwerker en werkgewerDaar was aanvangsprobleme vir al die par- tye, meen Michael. Om van ’n hand-, pen- en papiermetode na ’n elektroniese stelsel oor te skakel was vir die bestuurspan ’n uitdaging. Vir die werkers was dit ook moeilik om ’n “masjientjie” wat hulle ure kan lees, verwerk en registreer, te vertrou.Die werkers het die stelsel begin vertrou omdat hulle teenwoordig is as die data ingevo- er word. Die kaartlesers word deur operateurs beman om die korrekte invoering van die to- tale geplukte kratte te verseker. Die plukker staan by as sy kratte getel word en sien dat die korrekte hoeveelheid teen sy naam ingevoer word. Die inklok en uitklok van die werker word akkuraat registreer met die gevolg dat navrae van die werkers in verband met die hoeveelheid ure wat hulle gewerk het nou vin- nig en deursigtig afgehandel kan word. Dit het ongeveer drie maande geneem om aan die nuwe proses gewoond te raak.Die verbruikersvriendelikheid en kor- rektheid van die stelsel het wedersydse ver- troue ingeboesem wat baie bevorderlik is vir werksverhoudinge. Albei die Mullers meen dat die vertrouensverhoudinge op die plase baie verbeter het.Baie minder spanningVir Michael is die belangrikste voordeel van die gebruik van TMS dat die bestuur se stres- vlakke verlaag het. Volgens hom loop kor- rektheid en tyd en gesondheid en geld hand aan hand.TMS skakel die tydsame en dikwels on- akkurate invoer van data met die hand uit. Om foute reg te stel was ’n tydrowende pros- es wat tot spanning tussen bestuur en werk- ers gelei het. TMS bespaar nie net tyd met die vaslegging van data nie, maar ook die hanter- ing van navrae word baie vinniger afgehan-ADVERTORIALFarm Costing Solutions is hoogs betalend“Die stelsel het homself binne vyf maande afbetaal,” sê Anton Muller van Laborie Boerdery in die Limpopo-Provinsie.WAT IS TMS?• Die TMS-stelsel is ’n produk van Farm Costing Solution (FCS).Dit is 'n gebruikersvriendelike en tydbesparende metode om elektronies alle arbeidsverwante kostes te versamel en dan daarvoor te begroot.• Afgesien van die feit dat kostes en produktiwiteit akkuraat bepaal word,is TMS ook ’n effektiewe metode om plaaswerkers se werksure te kontroleer.• Plaaswerkers kry ’n kaart (tag) om deur ’n elektroniese leser te trek wanneer hulle aan diens kom en ook as hulle van diens af gaan. Op hierdie manier word die werksure akkuraat bepaal.• Hierdie inligting is toeganklik en integreer met ’n verskeidenheid betaalstel- sels soos VIP, Donkerhoek Data en FCS Payroll. Rekords vir afwesigheid, laatkom, korttyd, oortyd, daaglikse en weeklikse werksure, kan maklik opgeroep word.• TMS is ideaal vir stukwerk.• Onder toesig van ’n bestuurder trek werkers hul kaart (tag) deur ’n draag bare elektroniese leser as hulle 'n spesifieke taak voltooi het.• Die stelsel bepaal dan outomaties elke werker se loon gebaseer op die werk wat hy voltooi, bv. die aantal sakkies lemoene wat hy daardie dag gepluk het.• Al hierdie inligting word na ’n sentrale databasis gestuur.• Toegang tot inligting is te alle tye beskikbaar.PROMOSIE30 FEB | MAART 2015


































































































   31   32   33   34   35