Page 37 - SA Fruit Journal VOLUME 14
P. 37
Rekord rosyne-oes in vooruitsig‘n Rekord rosyne-oes word in die vooruitsig gestel vir die komende seisoen. Spesiale maatreëls sal betyds getref moet word om grootmaat verpakking en verwerking te akkommodeer, indien huidige gunstige klimaatstoestande voortduur. So sê Dappie Smit, hoof uitvoerende beampte van DTD. Die goeie nuus is verder dat daar geen probleme rondom verhandeling aan oorsese markte behoort te wees nie.Johannes Fourie, Prof. Gerhard Pietersen, Kobus Hanekom. Kobus Hanekom, DTD; Strys Strauss, Redsun Raisins; Johannes Fourie, DTD; prof Gerhard Pietersen, Universiteit van Pretoria - raadslede vanDroëvrugte Tegniese Dienste (DTD) het op 25 November in samewerking met OWK ‘n baie insiggewende Inligtingsdag virdroëvrugte produsente in Upington aange- bied. By die geleentheid het Hein Kruger, besturende direkteur van Kruger Internasio- naal, ‘n omvattende oorsig oor die Suid-Af- rikaanse ekonomie gegee en ook hoe dit die landbou bedrywe raak.Baie goeie markinligting is verskaf deur Peter Kuilman, besturende direkteur van Redsun Raisins, waaruit produsente prysver- wagtinge kan aflei. Dappie Smit van DTD het die oesskattings en voorraadverwagtinge van al die rosyne produserende lande behandel. Hy het die Suid-Afrikaanse verwagtinge met hierdie skattings vergelyk om aan te dui waar die kompetisie die strafste sal wees en watter rosyne tipes die maklikste sal verkoop.Alle aanduidings klop met DTD en OWK se oesskattings wat dui op ‘n totale rosyne- oes van meer as 60 000 ton indien huidige gunstige klimaatstoestande voortduur. Ditsal ‘n rekord-oes wees. Smit het gewaarsku dat produsente betyds bemarkings- en lew- eringsreëlings moet tref met verpakkers om seker te maak dat hulle nie voor dooiemans- deur beland nie. Verwerkers sal finansiering moet reël om so ‘n groot oes te kan hanteer.Daar is beklemtoon dat die internasion- ale mark nie ‘n probleem sal hê om so ‘n oes op te neem nie. Finansiering om alles kontant aan te koop kan ‘n probleem wees. Dit is ook benadruk dat die hele bedryf moet fokus daar- op om goeie gehalte rosyne te produseer wat wel in die hoër prysklas-mark kan meeding.Professor Gerhard Pietersen van Uni- versiteit Pretoria het sy navorsingsresultate voorgehou wat bewys dat die Rolblaarvirus die oeste van besmette stokke kan halveer en ook bydra tot onegalige rypwording en verkorte leeftyd van wingerde. Pietersen het die waarde van gesertifiseerde plantmateriaal onderstreep en gesê produsente moet nie hierop probeer bespaar nie. Dit is ook duide- lik gedemonstreer deur Henning Burger vanOWK wat die vestigingskoste en gelykbreek punte van rosyneproduksie behandel het. ‘n Paar ekstra tonne ge-oes kan die wêreld se verskil aan die winsgewendheid van ‘n win- gerd maak.Die praktiese ondervinding van almal betrokke by evaluasie van die nuwe kulti- vars, Selma Pete, Summer Muscat, Diamond Muscat en Sugra-39 is baie treffend deur Strys Strauss van Redsun Raisins voorgedra. Veral die vroegheid en goeie dragpotensiaal wat hierdie kultivars toon is baie entoesias- ties ontvang.Verskeie patente en meganiseringsteg- nieke is gedemonstreer om alle aspekte van wingerdverbouing te vergemaklik. Dit het onkruidbeheer, plant van wingerdpale, teg- nieke om te top en snoei, planters vir dekge- wasse tot oesprosesse ingesluit.Produsente was dit eens dat dit ‘n baie waardevolle geleentheid was met noodsaak- like inligting wat prakties aangewend kan word.DTD en sprekers by die Inligtingsdag in Upington op 25 November 2014.MARKTE 34 FEB | MAART 2015

