Page 71 - SA Fruit Journal VOLUME 14
P. 71

and therefore viable offspring are reduced. A number of male annihilation methods such as wooden fibre blocks impregnated with ME and malathion (e.g. Invader-b-Lok, B.i ToolKit), SPLAT technology containing ME and spinosad such as STATIC Spinosad ME and gels containing ME and permethrin (e.g. Last Call B.i) have been registered for B. dorsalis control in South Africa. All fruit fly control products have to be applied correct- ly. Instructions provided in labels of control products must be followed strictly. Fruit fly control must always be combined with prop- er management of insect pests such as FCM, which also damages mature fruit.In all B. dorsalis quarantine areas a remov- al permit is required for movement of fruit outside those areas. Applications for removal permits should be made through DAFF. The contact person at DAFF is: Mercia Rossouw. Tel: 012 319 6333/6081. Email: MerciaR@nda. agric.za or DebraM@daff.gov.za.GRONDGEDRAAGDE SIEKTESM.C. PRETORIUSGrond en wortelmonsters behoort elke drie jaar geneem te word om sodoende die si- trusaalwurm en Phytophthora status in si- trusboorde te bepaal. Resultate sal dien as `n bestuurshulpmiddel wat gebruik kan word om grondpatogene effektief te beheer.Phytophthora bruinvrot/wortelvrotWeens die gevaar van fitotoksisiteit op gevoelige sitruskultivars tydens hoë tem- perature, wat gedurende Februarie / Maart kan voorkom, moet die gebruik van fosfon- aatblaarbespuiting streng volgens die etiket geskied (geen sagtesitrus kultivars - behoort weens hul gevoelige skille gedurende hierdie tyd van die jaar en met die produkte gespuit te word nie). Hoë dag temperature, tyde- like vogstremming en warm bergwinde kan veroorsaak dat fosfonate swart stippeltjies soortgelyk aan koperskade op vrugte veroor-saak. Bome moet daarom nie gespuit word as toestande nie optimaal is nie. ’n Wortelvrot beheerprogram (blaarbespuiting) sal bruin- vrot ook effektief kan beheer.Bruinvrot ontwikkel slegs wanneer die klimaatstoestande gunstig is vir die patogeen (Phytophthora) om te infekteer en te ontwik- kel. Indien dit dus ʼn droë najaar is en geen of slegs ligte reënbuie voorkom, is voorko- mende fosfonaatblaarbespuitings nie nodig nie. Indien dit egter ʼn nat najaar is kan bome met kontakmiddels soos koper of mancozeb (let op beperkings na markte) asook siste- miese produkte soos fosfonate (let op etiket aanbevelings vir weerhoudingstydperk en waarskuwings), gespuit word om bruinvrot te beheer. Bo en behalwe droogte en hitte kan ʼn oormaat vogtige toestande (baie reën) ook bome onder tydelike verwelkte toestande plaas wat ʼn gevaar inhou vir blaarbespuit- ings. Bome moet dus nie tydens of kort na sulke toestande gespuit word nie. Laastens beïnvloed drag ook ʼn boom se gevoeligheid vir droogtespanning. Hoe hoër die drag, hoe gevoeliger is die boom vir uitdroging en hoe groter is die risiko vir fitotoksisiteit.SitrusaalwurmWortelmonsters kan enige tyd van die jaar getrek word om die status van die sitrusaal- wurmpopulasies in boorde te bepaal. Wyfie- tellings word gebruik om te bepaal of die toe- diening van ʼn aalwurmdoder geregverdig is. Die drempelwaarde voordat ʼn aalwurmdoder oorweeg word is 1 000 wyfies/10 g wortels. Daar word aanbeveel dat aalwurmdodertoe- dienings 'n aanvang neem tydens die begin van die reënseisoen. Dit sou daarom die regte tyd wees vir produsente in die Wes-Kaap om hulle aalwurmmonsters in Maart te trek sodat hulle weet watter boorde om te behandel wan- neer winterreëns begin. Residu-weerhoud- ingstydperke moet in ag geneem word. Dit is belangrik om ʼn aalwurmbeheerprogram te volg aangesien ʼn enkele aalwumdodertoe-diening nie effektief genoeg is nie en het geen noemenswaardige onderdrukking van die aal- wurmpopulasies op die lang duur nie. Meer- malige toedienings twee maande uit mekaar verseker dat die larfies wat uitbroei gedood word voordat hulle volwasse wyfies kan raak wat weer eiertjies kan lê.Tydens die toediening van aalwurm- doders is dit uiters belangrik dat ten minste 40 mm besproeiing toegedien word nadat produkte toegedien is om te verseker dat die middels in die grondprofiel ingewas word. Die meeste aalwurmdoders loog baie stadig. Die effektiwiteit van die doders word dus belemmer indien hulle nie behoorlik deur die wortelsone versprei word nie. Geen aal- wurmdoder behoort deur drupbesproeiings- telsels toegedien te word nie. Indien toedien- ings in boorde met druptoediening gedoen moet word behoort die middels as ʼn band- plasing (half meter aan beide kante van die drupperlyn) oor die drupperlyn gedoen te word. Dit kan wel deur mikro-besproeiing- stelsels toegedien word.Indien beplan word om ʼn boord te ver- wyder behoort ʼn aalwurmmonster geneem te word voordat die boord verwyder word so- dat bepaal kan word of sitrusaalwurms teen- woordig is. Dit dien as ʼn bestuursriglyn om ’n geskikte onderstam te kies in gevalle waar ʼn herplantstrategie uitgewerk moet word.HORTICULTUREFruit production and qualityP.J.R. CRONJE, O.P.J. STANDER Internal quality: If properly timed, regulated deficit irrigation can result in increased total soluble solids (TSS) and an increase or no re- sponse in titratable acidity. Deficit irrigation retards the breakdown of acid and can influ- ence the solids:acid ratio at harvest for better or worse, depending on cultivar characteris- tics. It is mainly aimed at early cultivars like Satsuma, but other early maturing cultivars with low internal quality could benefit. LessTEGNOLOGIE 68 FEB | MAART 2015


































































































   69   70   71   72   73